Die troufees van

Inge & Eduan

Saterdag 15 Mei 2027 Feather Hill, Potchefstroom

Kom saam

Jy's hartlik uitgenooi om die storie van Inge & Eduan saam met ons te vier

2021 tot 2026

Die Argief

2021

Inge en Eduan in 2021
Inge en Eduan in 2021 (foto 2)
Inge en Eduan in 2021 (foto 3)
Inge en Eduan in 2021 (foto 4)

2022

Inge en Eduan in 2022
Inge en Eduan in 2022 (foto 2)
Inge en Eduan in 2022 (foto 3)
Inge en Eduan in 2022 (foto 4)
Inge en Eduan in 2022 (foto 5)
Inge en Eduan in 2022 (foto 6)

2023

Inge en Eduan in 2023
Inge en Eduan in 2023 (foto 2)
Inge en Eduan in 2023 (foto 3)
Inge en Eduan in 2023 (foto 4)
Inge en Eduan in 2023 (foto 5)
Inge en Eduan in 2023 (foto 6)
Inge en Eduan in 2023 (foto 7)

2024

Inge en Eduan in 2024
Inge en Eduan in 2024 (foto 2)
Inge en Eduan in 2024 (foto 3)
Inge en Eduan in 2024 (foto 4)
Inge en Eduan in 2024 (foto 5)
Inge en Eduan in 2024 (foto 6)

2025

Inge en Eduan in 2025
Inge en Eduan in 2025 (foto 2)
Inge en Eduan in 2025 (foto 3)
Inge en Eduan in 2025 (foto 4)

2026

Inge en Eduan in 2026
Inge en Eduan in 2026 (foto 2)
Inge en Eduan in 2026 (foto 3)
Inge en Eduan in 2026 (foto 4)
Inge en Eduan in 2026 (foto 5)
Inge en Eduan in 2026 (foto 6)
Inge en Eduan in 2026 (foto 7)
'n Skildery van Inge en Eduan wat op 'n spieëlbal sit

die countdown

tot vir altyd…

0dae
0ure
0min
0sek
Feather Hill: die kapel met sy klimop, die tuin, die sambrele en die gekleurde lanterns

die plek

Feather Hill

Potchefstroom, Noordwes

Wys my die pad

kleredrag

Funky Formal

Dink fancy, maar met ’n funky twist. Sequins? Ja, definitief! Gemaklike skoene? Op eie risiko…

Trek aan waarin jy jou op jou beste voel!

THE RUN OF THE SHOW

  • 16:00 Die kapel
  • 16:30 Vonkelwyn, canapés & lawn games
  • 18:30 Die main spread
  • 20:00 Disco o’clock
  • 20:30 Ietsie soet
  • 23:00 Midnight snack

Die aand voor die tyd

Let’s get the celebrations started early! Join ons by ons nuutste Potch favourite, Vida e Caffé, 19:00 die aand van die 14de, vir pizza en wyn. Geen fuss, net lekker kos, goeie geselskap en ’n bietjie pre-party magic om die vieringe behoorlik af te skop.

Die Celebration

Ons visie vir die aand is eenvoudig: al ons gunsteling mense, ’n mooi tuin, ’n vol glas, lekker kos en ’n dansvloer wat nie te lank leeg is nie. Geen vloerplan of tafelnommers nie, net gemaklike, gesellige lounges om in agteroor te sit en te geniet. Dink disco garden party, ’n bietjie funky, ’n bietjie fancy en baie fun! Hierdie gaan een vir die boeke wees!

Asseblief spesifiseer enige dieetvereistes in die RSVP.

'n Waterverf-skildery van gaste wat dans en fees vier, saam met twee honde: een speel kitaar en een hou 'n glas wyn

Die Verblyf

Om julle verblyf ’n bietjie geriefliker te maak, het ons spesiale tariewe met drie gastehuise naby die venue gereël. Hulle hou ook kamers spesiaal vir ons gaste beskikbaar vir Vrydag- en Saterdagaand, mits julle voor of op 28 Februarie 2027 bespreek.

Gastehuis opsies

Hoe om te bespreek

  1. Kontak jou voorkeur-gastehuis via die e-posadres of WhatsApp-nommer hier bo. Bespreek asseblief direk met die gastehuis en nie deur hul webwerf nie, sodat jy van die spesiale tarief gebruik kan maak.
  2. Gee jou/julle volle naam en van wanneer jy navraag doen.
  3. Gebruik “Naudé troue” as verwysing vir jou bespreking.
  4. Spesifiseer vir watter nag(te) jy wil bespreek: Vrydag 14 Mei en/of Saterdag 15 Mei 2027.
  5. Bevestig jou bespreking deur die faktuur te betaal wat jy van die gastehuis ontvang en ’n bewys van betaling vir hulle aan te stuur.

Daar is natuurlik ook heelwat ander verblyfopsies in Potchefstroom om van te kies, indien jy verkies om self rond te kyk.

Die Gift Edit

Dat julle saam met ons kom kuier en hierdie spesiale tyd saam met ons vier, is klaar vir ons ’n groot geskenk.

Vir die wat ons graag nog ’n bietjie extra wil bederf, het ons ’n registry saamgestel met ’n paar goedjies waarvan ons hou. Indien julle verkies om eerder ’n bydrae tot ons toekoms saam te maak, sal dit net so baie waardeer word! Daar sal ook ’n spesiale plekkie wees waar julle kaartjies vir ons kan los.

Vrae
en antwoorde

Kry jy nie jou antwoord hier nie?
Stuur gerus vir Inge of Eduan ’n boodskap.

Wat moet ek aantrek?

Funky Formal: trek aan asof jy na ’n swartdas-aandete gaan wat dalk in ’n disco gaan ontaard. Want dit gaan.

Kan ek ’n plus een saambring?

As jou uitnodiging ’n plus een insluit, absoluut. As jy nie seker is nie, vra ons gerus. Ons wil eerder hê jy vra as dat jy sit en wonder.

Is die seremonie buite?

Ja, die seremonie en die drankies is buite. Mei-aande op die hoëveld word vinnig koud, so bring ’n behoorlike laag vir later saam.

Waar kan ons bly?

Ons het spesiale tariewe met drie gastehuise naby die venue gereël. Al die besonderhede en hoe om te bespreek, is by Die Verblyf hierbo.

Help! Ek het nog ’n vraag.

WhatsApp vir enigeen van ons, of skryf dit in die notas-veld van jou RSVP en ons kom terug na jou.

asseblief

RSVP

Laat weet ons asseblief voor 15 Maart 2027

Gaan jy daar wees?